Projekbestuursprosesse |
|
Gedurende die projeksiklus is daar verskeie projekbestuursprosesse
wat op die fases inwerk. Hierdie prosesse word voortdurend gemonitor. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Risikobeheer |
|
Addisionele dokumentasie |
|
"Beplan om mislukking te voorkom"
'n Risiko: Enige gebeurtenis wat waarskynlik kan gebeur en wat kan
verhinder dat die projekdoelstellings en aflewerbares gehaal word
Risikobeheer: sistematiese prosesse vir die identifisering, analisering, monitering en bestuur van moontlike risiko's om te voorkom dat dit realiseer.
Kwessie: 'n risiko wat gerealiseer het |
|
|
|
|
|
Tydsbestuur |
|
Addisionele dokumentasie |
|
TYD = GELD
Die projekspan se tyd moet effektief aangewend word en daar moet
tred gehou word met werklike tydsduur met behulp van tydstate.
Netwerkdiagramme en Gannt diagramme is 2 meganismes met behulp waarvan tyd bestuur kan word.
|
|
|
|
|
|
Veranderingsbestuur |
|
Addisionele dokumentasie |
|
Veranderingsbestuur: Die proses om die menslike reaksie op verandering te lei en te begelei. |
Veranderingsbeheer: Formele proses binne 'n projek om enige veranderinge aan die projek te bestuur. |
“Indien toegelaat word dat die inhoud van ‘n projek vrylik verander, sal die tempo van verandering die tempo van vordering oorskrei.”
|
|
Sodra die projekplan en -dokumentasie deur die Projekraad goedgekeur is,
word die basis van die projek vasgelê ("baselined"). |
|
Implikasie: Die projekskedule, begroting en omvang is
gefinaliseer en die projekspan is gekontrakteer om die plan te voltooi. |
|
Indien enige veranderings hierna benodig word, word 'n formele proses van
veranderingsbeheer gevolg. |
|
|
|
|
|
|
Finansiële Bestuur en Kostebestuur |
|
Addisionele dokumentasie |
|
Finansiële bestuur:
Die prosesse benodig om te verseker dat die projek binne die goedgekeurde begroting voltooi word |
|
Dit behels die analise van prestasie, oa beplanning, begroting, implementering, kontrole |
Kostebestuur:
Akkurate rekordhouding van alle finansiële transaksies, betalings, inkomstes, lyste van debiteure en krediteure |
Let asb daarop dat spesifieke reëlings met betrekking tot sekere inisiatiewe of projekte kan geld. |
|
|
|
|
|
|
Kwaliteitsbeheer |
|
Addisionele dokumentasie |
|
"Dit kos minder om die taak die eerste keer reg te doen as om dit te herhaal"
Kwaliteitsbeheer: Die prosesse benodig om te verseker dat die bestuur van die projek en die produk of resultaat wat die projek lewer, voldoen aan die behoeftes waarvoor die projek onderneem is |
|
|
|
|
|
Menslike Hulpbronbestuur |
|
Addisionele dokumentasie |
|
Die ontwikkeling van die span en aandeelhouers sodat hulle as indiwidue sowel as span optimaal kan funksioneer en hul bydrae lewer |
|
|
|
|
|
Kommunikasiebestuur |
|
Addisionele dokumentasie |
|
Die prosesse wat benodig word om te verseker dat die gepaste projekinligting op die regte tyd geskep, versamel en versprei word |
|
|
|
|
|
Statusverslagdoening |
|
Addisionele dokumentasie |
|
"Wat nie op papier is nie, is nie gesê nie."
Statusverslagdoening: Gereelde verslagdoening op verskillende vlakke, teenoor verskillende rolspelers en volgens voorafooreengekome standaarde
Riglyne is beskikbaar i.v.m. die hantering van vergaderings en tipiese agendapunte, sowel as die
hantering van statusverslae en besluiteregisters. |
|
|