1. |
VORDERING TEENOOR MYLPALE EN SLEUTEL-AFLEWERBARES |
|
Mylpaal / Sleutel-aflewerbare |
|
Onttrek die lys van mylpale en aflewerbares uit die projekplan. |
|
Teikendatum |
|
Dui die teikendatum teenoor elke mylpaal en aflewerbare aan. (Indien die status geel of rooi is, word die teikendatum wat in die vooruitsig gestel word, bo aangedui en die oorspronklike teikendatum in hakies onder die nuwe datum.) |
|
Status |
|
Dui die status van die mylpaal of aflewerbare aan met een van die volgende: |
|
* AFGEHANDEL: mylpaal of aflewerbare is bereik |
|
* GROEN: die aflewerbare is op koers en sal teen die teikendatum voltooi wees |
|
* GEEL: daar is ‘n moontlikheid dat hierdie aflewerbare die teikendatum mag oorskry |
|
* ROOI: die teikendatum is oorskry of sal oorskry word. Plaas die oorspronklike teikendatum in hakies
en voeg die nuwe teikendatum, soos bevestig deur 'n veranderingsversoek, bo dit in. |
|
LW! Indien die status verander het, word die vorige status in hakies onder die nuwe status aangedui. |
|
Kommentaar |
|
'n Verduideliking of redes waarom die betrokke status aangedui is. Indien 'n teikendatum oorskry is, maar nou wel afgehandel is, kan die nuwe datum aangedui word sowel as die rede vir die oorskryding. |
|
2. |
FINANSIëLE STATUS |
|
Maand |
|
In ooreenstemming met die begroting in die projekplan, word finansiële status op 'n maandelikse basis gegee. |
|
Begroting, Werklike spandering, Afwyking, Vooruitskouing |
|
Dui die begrote bedrag, soos aangedui in die goedgekeurde projekplan, aan. (Die maandelikse bedrae
tel outomaties op na die BEGROTE TOTAAL.) Dui maandeliks die werklike spandering vir die betrokke maand aan. Indien oor- of onderspandering is, dui die bedrag in die Afwykingskolom aan.
Dui in die "Vooruitskouing" kolom aan wat die verwagte uitgawe vir die res van die projek gaan wees. |
|
Totaal toegeken, Toegeken (PR), Bygevoeg (VV), Herwin |
|
Toegeken (PR): Verskaf die bedrag wat deur die Projekraad goedgekeur is.
Bygevoeg (VV): Verskaf die bedrag bygevoeg a.g.v. veranderingsversoeke.
Herwin: Indien enige geld herwin word deur die loop van die projek.
Totaal toegeken: Somtotaal van bg. bedrae. (Hierdie totaal en die begrote totaal stem ooreen totdat fondse herwin word of veranderingsversoeke toegestaan word.) |
|
Beskikbaar |
|
Die formule in hierdie sel bereken watter bedrag beskikbaar is nadat die maandelikse inligting op datum gebring is. |
|
Kommentaar |
|
Indien daar 'n afwyking was, verskaf asb geldige redes daarvoor. |
|
3. |
RISIKO'S & KWESSIES |
|
Die risiko- en kwessiesopgawe vergesel die statusverslag. |
|
4. |
VERANDERINGSVERSOEKE |
|
VV No. |
|
Verskaf die nommer, soos gegee in die veranderingsversoek-oplaag |
|
Datum geopper |
|
Verskaf die datum waarop die geopper is. |
|
Beskrywing |
|
Gee 'n beskrywing van die veranderingsversoek |
|
Status |
|
Dui aan of die veranderingsversoek reeds goedgekeur, afgekeur of nog uitstaande is. |
|
5. |
ANDER |
|
Lys projeksuksesse rakende teikendatums, mylpale, personeel, ens. hier. |
|
Lys enige personeelaangeleenthede hier. |
|
|
|