Binne projekverband |
1. |
Die PB hou, met die hulp van die PA, rekord van aksies, besluite en notas wat buite die projekspesifikasies geïdentifiseer is. |
2. |
Dit word aangedui in die span se eie besluiteregister. |
3. |
Indien die sake nie binne die span opgelos kan word nie, word daar in die kolom "Liggaam" aangedui of dit na die Dagbestuur of Stuurkomitee verwys moet word. |
4. |
Die PA sorteer die inligting in die besluiteregister volgens die "Liggaam" kolom. |
5. |
Die PA "hide" die rye wat nie op die Dagbestuur of Stuurkomitee van toepassing is nie en stuur die aangepaste besluiteregister aan die betrokke liggaam. Alternatiewelik kan die PA die inskrywings wat nie relevant is nie, uitvee of slegs die enkele inskrywings vir die betrokke liggaam aanstuur. |
| |
By die Dagbestuur of Stuurkomitee |
1. |
Die administrateur van die betrokke liggaam sirkuleer die Besluiteregister vooraf aan al die lede. |
2. |
Die betrokke liggaam bespreek die uitgewysde sake en gee die bevindinge deur aan die PB. |
3. |
Indien sake nie opgelos kan word nie, word die "Liggaam" kolom aangepas sodat dit na die volgende liggaam verwys kan word. |
4. |
Die nie-relevante rye word weereens weggesteek voordat die dokument uitgestuur word. |
| |
Die Projekraad |
1. |
Inligting/versoeke wat vir die Projekraad bedoel is, word aan die PROJEKtUSkantoor deurgestuur. Dit word dan ingesluit in die volgende agenda. |
2. |
Die Projekraad neem die besluit en verwittig die projekbestuurder daarvan. |
3. |
Die besluit word in die Projekraad se besluiteregister aangedui. |
| |