REëLS VIR ALLE e-KAMPUSKOSTEPUNTE |
1. |
Finansiële reëls, soos uiteengesit in die dokumente
"Beginsels van Finansiële Bestuur" en die "Finansiële Kitsgids", is van
toepassing op alle e-Kampuskostepunte. |
2. |
GEEN oorspandering word toegelaat nie. |
3. |
GEEN oorplasings tussen kostepunte word toegelaat nie. |
4. |
GEEN poste mag geskep word wat nie na afloop van die projek uit bedryfsfondse bekostig kan word nie. |
5. |
Geen kontrakte mag aangegaan word voordat die projekbegroting finaal deur die Projekraad goedgekeur is nie. Nadat die
begroting goedgekeur is, mag die kontrak nie die begrote bedrag of tydperk waarvoor die fondse toegeken is, oorskrei nie. |
|
B642 tot B650: REëLS SPESIFIEK TOT FAKULTEITSKOSTEPUNTE |
1. |
Fakulteitskostepunte is ook aan die algemene reëls vir e-Kampuskostepunte onderhewig. |
2. |
Magtiging vir uitbetalings moet deur die Dekaan of sy gemagtigde gegee word. |
3. |
Onthaalkoste mag nie uit fakulteitskostepunte verhaal word nie. |
|
ALLE ANDER e-KAMPUSKOSTEPUNTE |
1. |
Verversings: Let asb daarop dat, ingevolge die riglyne in die Finansiële Kitsgids van die Universiteit,
daar NIE uit projekfondse vir verversings begroot mag word nie. |
2. |
Spandering moet ooreenstem met die items wat in die begroting aangedui is. Die projekbestuurder is verantwoordelik daarvoor om te verseker dat dit ooreenkom. |
3. |
Alle bate-items wat binne projekverband aangekoop word, kom op die bateregister van die PROJEKtUSkantoor (tensy skriftelik ooreengekom dat dit die eiendom van die
betrokke omgewing word). Na afloop van die projek
word hierdie items die eiendom van die kantoor sodat dit binne ander projekte hergebruik kan word.
|
4. |
Belonings: Let asb daarop dat, ingevolge die riglyne in die Finansiële Kitsgids van die Universiteit,
daar NIE uit projekfondse vir belonings begroot mag word nie.
|