Algemeen: |
1. |
Hou die inligting gereeld op datum. |
2. |
Deel die tipes inligting in breë kategorieë in. Hierdie kategorieë kom teenoor die hoofnommers. bv. Vir 'n Stuurkomitee: Bestuur en Koördinering, Per projek, Algemeen bv. Vir 'n Dagbestuur: Per mylpaal of hoofkategorie |
3. |
Elke kategorie het 'n afdeling vir Uitstaande en Afgehandelde aksies. Skuif die afgehandelde aksies na Afgehandel sodra terugvoer ontvang is. |
4. |
Indien meer kategorieë benodig word, selekteer 'n bestaande kategorie volledig en kopieer dit na die onderkant van die blad. |
5. |
As jy net inligting in 'n sel wil byvoeg, kliek in die sel en druk dan F2 - die wyser is outomaties aan die einde van die laaste woord. |
6. |
Voeg nuutste aksies bo-aan by. Selekteer die reël net onder die opskrif. Gaan na die INSERT MENU en kliek ROWS. |
7. |
Maak die aksies wat sedert die vorige geleentheid bygekom het, BOLD - dan kan mens maklik onderskei tussen ou en nuwe inskrywings. |
| |
Beskikbare velde (op Registerblad): |

|
Naam van vergadering |
|
Vervang dit met die naam van u betrokke vergadering. |

|
Plek, tyd |
|
Staan in die sel en druk F2 - dan is die wyser outomaties na die woord |
|
Verskaf dan die nodige inligting |

|
Datum |
|
Vervang die woord met die datum. |

|
Item |
|
'n Kort opsomming van die hooftaak. Hierdie kolom word gebruik om inligting volgens bepaalde hooftake te sorteer. |

|
A, B, N (Aksie, Besluit, Nota) |
|
Dui mbv die betrokke letter aan wat die aard van die beskrywing is. Is dit iets wat gedoen moet word (Aksie), wat besluit moet word of is (Besluit) of 'n nota vir toekomstige verwysing (Nota). |

|
Beskrywing |
|
Gee meer detail oor wat verlang word. |

|
Verantwoordelik |
|
Wie is verantwoordelik dat die aksie afgehandel word, of 'n besluit deurgevoer word? |

|
Vir |
|
Wanneer moet die aksie afgehandel wees of die besluit geneem wees? |

|
Liggaam |
|
Na watter liggaam moet hierdie inligting deurgegee word: DB - Dagbestuur, SK - Stuurkomitee, PR - Projekraad |

|
Vergaderdatum |
|
Op watter datum het die vergadering plaasgevind. |
| |
Beskikbare velde (op Teenwoordig blad): |

|
Naam |
|
Lys die name van die lede van die liggaam. |

|
Datum |
|
Gee die datum van die vergadering |
|
Onder elke datum is daar spasie om aan te teken of die persoon verskoning aangeteken het (VERSK), opgedaag het (JA) of nie (NEE). Die lys kan ook gebruik word om onder die mense te sirkuleer dat hulle teenoor hulle name kan teken. |