Administrasie B
Tel: 808-3080
E-pos: bpo@sun.ac.za

Tuis - PROJEKtUSkantoor - Rolspelers - Projeksiklus - Projekbestuursprosesse - Woordelys - English

Hulpbronbestuur

Riglyne: Bestuur van prestasie

1.

Bepaal beskikbaarheid

Maak by die betrokke indiwidu seker dat hy/sy wel aan die projek kan deelneem.

Kontak die indiwidu se lynfunksionaris en stel vas of die persoon beskikbaar is, en indien wel, vir watter persentasie van sy/haar tyd.

Dui die betrokke inligting op die verskafte vorm aan.

2.

Verkry verbintenis tot projektake

Die PB onderhandel met elke spanlid oor die take aan hom/haar toegeken.

Die PB en spanlid maak seker dat die tyd aan elke taak toegeken, korrek is.

Die spanlid gee sy/haar onderneming om die betrokke take binne die ooreengekome tyd te voltooi. 'n Tipe kontrak word dus tussen PB en spanlid gesluit.

3.

Stel 'n voorlopige prestasiekontrak of werksooreenkoms op

(Generiese kontrakte per tipe rolspeler is beskikbaar.)

Die PB identifiseer, in samewerking met die lynbestuurder, spesifieke areas vir ontwikkeling.

Die kontrak dui die spanlid se verantwoordelikhede in terme van take en aflewerbares aan.

Die kontrak dui aan waaraan of hoe effektiwiteit gemeet gaan word.

4.

Hersien en finaliseer die prestasiekontrak of werksooreenkoms

Die spanlid kry die geleentheid om die kontrak te hersien en onduidelikhede/verskille te bespreek.

Nadat eenstemmigheid bereik is, word die kontrak gefinaliseer.

5.

Skep 'n kanaal vir gereelde, informele terugvoer

Beide positiewe en opbouende negatiewe terugvoer moet op 'n gereelde basis aan die spanlid deurgegee word.

6.

Hersien prestasiemaatstawwe gereeld

Indien die projek langer as 6 maande duur, behoort hersiening elke kwartaal plaas te vind. Dit kan help om probleme vroegtydig te identifiseer en aan te spreek, en kan ook as motivering dien.

7.

Doen finale prestasie-evaluasie

Finale prestasie-evaluasie vind plaas aan die einde van 'n spanlid se betrokkenheid by die bepaalde projek.

Insette word verkry van spanlede, bestuurders, kliënte en die indiwidu self.

Die finale evaluasie word aan die lynbestuurder deurgestuur vir insette in die jaarlikse prestasiebeoordeling.

Ander dokumentasie

Riglyne: Bestuur van prestasie

Spanbestuur