Administrasie B
Tel: 808-3080
E-pos: bpo@sun.ac.za

Tuis - PROJEKtUSkantoor - Rolspelers - Projeksiklus - Projekbestuursprosesse - Woordelys - English

Tydbestuur

Riglyne: Tydstaattemplaat

1.

Maak seker dat jou naam bo-aan jou tydstaat verskyn.

2.

Tydstate moet daagliks voltooi word om onakkuraatheid te voorkom.

3.

Plaas die muis se merker op die rooi driehoeke in die regterkantste hoek van 'n geselekteerde area om die instruksies vir daardie bepaalde sel te sien.

4.

Tydstaat periode is vanaf Maandag tot Sondag.

5.

Voltooi die aanvangsdatum van die tydstaat in die "Week begin op" kolom. Hierdie datum moet 'n Maandag wees. Die weeksdae se datums sal automaties ingevul word.

6.

Onder Aktiwiteite: Onderskei tussen generiese take (direk onder "Aktiwiteit") en Projekspesifieke take (onder "Projektake"). Die Projektake word uit die MS Project plan onttrek.

7.

Onder Beskrywing: Voltooi indien u meer spesifieke inligting oor die bepaalde taak wil verskaf.

8.

Twee tipes totale is beskikbaar: Totale ure per dag, en Ure per taak.

9.

Die veld "Ure tot voltooiing" is verpligtend.

10.

Indien die tydstaat in papierformaat ingedien word, word dit deur beide spanlid en projekbestuurder onderteken.

Ander dokumentasie

Riglyne: Tydsbestuur

Templaat: tydstate

Riglyne: Tydstaattemplaat

Proses: hantering van tydstate