Administrasie B
Tel: 808-3080
E-pos: bpo@sun.ac.za

Tuis - PROJEKtUSkantoor - Rolspelers - Projeksiklus - Projekbestuursprosesse - Woordelys - English

Veranderingsbeheer

Riglyne

1.

Enige van die volgende situasies kan daartoe aanleiding gee dat daar aan die basis van 'n projek verander moet word:

 

*

'n Nuwe versoek word ontvang

 

*

Veranderings aan spesifikasies word versoek

 

*

'n Tegniese probleem kom na vore

 

*

'n Aansienlike verandering vind plaas in goedgekeurde werk of beramings

 

*

Dit word nodig om die bestaande stelsel te wysig

 

*

Hulpbronne is skielik nie meer beskikbaar nie

 

2.

In so 'n geval moet 'n formele veranderingsversoek gerig word wat formeel deur die aangewese liggaam goed- of afgekeur moet word.

 

3.

'n Veranderingsversoek gaan dikwels gepaard met 'n impakanalise. 'n Impakanalise spreek al die aspekte van die projek aan wat geraak word indien die versoek goed- of afgekeur word. Dit spreek onder meer impak op die volgende aspekte aan:

 

*

Omvang (en dalk doelwitte)

 

*

Skedule (ook mylpale)

 

*

Begroting

 

*

Hulpbronne (ten nouste verbind aan begroting)

 

*

Afhanklikhede, Beperkings, Veronderstellings

Addisionele dokumentasie

Meer oor Veranderingsbestuur

Riglyne: Veranderingsbeheer

Templaat: veranderingsversoek

Riglyne: Veranderingsversoektemplaat

Proses: Veranderingsbeheer