Die projeksiklus |
|
Die term Projeksiklus verwys na die verskillende fases waardeur
'n projek tipies gaan van sy begin tot einde.
Fase 0 is 'n informele fase, nl. Regverdiging. Daarna volg
vier formele fases, nl.
Inisiėring, Beplanning, Uitvoering en Afsluiting.
Elke formele fase word verduidelik aan die hand van 'n vloeidiagram. Template en
riglyndokumente is ook vir elke fase beskikbaar.
|
|
|
|
|
|
|
Regverdiging |
|
|
|
|
Hierdie is 'n informele fase waartydens die idee vir 'n projek
binne 'n omgewing bespreek word om die haalbaarheid en wenslikheid daarvan
te toets. Dit is ook tydens hierdie fase wat die omgewing besluit op watter
basis die projekte hanteer gaan word en tot watter mate die PROJEKtUS metodologie
gevolg gaan word. In laasgenoemde besluit speel die skaal, omvang en
begroting van die projek 'n belangrike rol. |
|
Weerstand vs Dryfkragte |
|
|
|
Inisiėring |
|
|
|
|
Tydens hierdie fase moet genoeg inligting bymekaar gemaak word sodat besluit kan word
of die projek voortgaan of nie ("GO/NO GO" besluit). |
|
Inisiėringsproses
Riglyne en template |
|
|
Beplanning |
|
|
|
|
Tydens hierdie fase word die regte probleem, sowel as
die regte oplossing vir die bepaalde probleem geļdentifiseer. Daarna word
'n implementeerbare plan ontwikkel om uitvoering te gee aan die regte oplossing.
|
|
Beplanningsproses
Riglyne en template |
|
|
Uitvoering |
|
|
|
|
Tydens hierdie fase word die projektake op 'n geordende en gestruktureerde wyse
uitgevoer. Die deurlopende projekbestuursprosesse speel 'n baie belangrike rol. |
|
Uitvoeringsproses
Riglyne en template |
|
|
Afsluiting |
|
|
|
|
Tydens hierdie fase word bestek opgeneem deur die projek en sy uitsette te hersien en
te evalueer. Die projek word ook formeel afgeteken. |
|
Afsluitingsproses
Riglyne en template |
|
Kliek hier vir 'n vloeidiagram van die siklus... |
|