Administrasie B
Tel: 808-3080
E-pos: bpo@sun.ac.za

Tuis - PROJEKtUSkantoor - Rolspelers - Projeksiklus - Projekbestuursprosesse - Woordelys - English

Rolspelers

Binne 'n projekomgewing is daar spesifieke rolspelers, elkeen met bepaalde verantwoordelikhede en funksies. Dit is belangrik dat elkeen se rol, verantwoordelikhede en vlak van gesag duidelik gedefinieer is. Dit geld t.o.v. die balans tussen lynverantwoordelikhede en projekbestuur, sowel as binne projekverband. Sodoende kan verwagtinge beter bestuur word en is die projek se kanse op sukses groter.

Ander rolspelers

Projekraad

Stuurkomitee

Aandeelhouers

Projekeienaar

Projekbestuurder

Projekadministrateur

Projekspan

Eindgebruikers

Kliënt

Verskaffer

 

Let spesifiek op die volgende:

1.

Die projekeienaar en -bestuurder is verantwoordelik vir die aflewering van doelwitte en kwaliteit.

2.

Die projekeienaar en -bestuurder is verantwoordbaar t.o.v. die tyd waarbinne die projek afgelewer moet word.

3.

Die projekeienaar en -bestuurder moet gesag ("authority") hê t.o.v. hulpbronne om bg te kan aflewer.