Administrasie B
Tel: 808-3080
E-pos: bpo@sun.ac.za

Tuis - PROJEKtUSkantoor - Rolspelers - Projeksiklus - Projekbestuursprosesse - Woordelys - English

Woordelys

Afrikaans

Engels

Verklaring

A

Aandeelhouers

Stakeholders

Spesifieke persone of groepe, binne en buite 'n instansies, wat 'n belang het by die uitkoms van die projek

Afhanklikhede

Dependencies

Wanneer daar 'n logiese verwantskap tussen sekere aflewerbares is en sekere gebeure eers moet plaasvind voordat ander kan volg

Aflewerbare

Deliverable

'n Meetbare, tasbare uitset van 'n spesifieke doelwit binne die projek, bv. dokumente, planne, stelsels, geboue, ens. Dit is die uiteinde van 'n taak of reeks take.

Afwyking

Variance

Die verskil tussen geskeduleerde en werklike taak- of hulpbroninligting, bv. tussen geskeduleerde datums en werklike datums

Aktiwiteit

Activity

Die kleinste eenheid van werk, soos geïdentifiseer in 'n werkstruktuur (In sekere metodologieë kan dit gelykstaande wees aan 'n taak. In ander kan 'n aktiwiteit onderverdeel word in take.)

B

Basisplan

Baselined plan

Die projekplan soos dit goedgekeur is vir implementering en waarteen vordering gemeet gaan word

Begroting

Budget

Die geskatte koste van 'n projek

Benamingskonvensie

Naming Convension

'n Komponent wat aandui hoe name en strukture saamgestel moet word

Beperking

Constraint

Enige iets wat die projek verplig om binne sekere spelreëls te bly, bv.
1. Finansies (projekkoste, kapitaalkoste, inkomstes, personeelkoste),
2. Tyd (om resultate teen die gegewe datum te lewer)
3. Kwaliteit (om die omvang, spesifikasies of standaarde te behaal)

(In MS Project verwys "beperking" spesifiek na begin- en einddatums.)

Beste praktyke

Best practices

Die wenner strategieë, benaderings en prosesses wat uitsonderlike prestasie in 'n spesifieke omgewing teweeg bring

D

Doelwit

Objective

'n Presiese beskrywing van wat die projek wil bereik en waarteen sukses by voltooiing gemeet gaan word (Elke projek het doelwitte wat spesifiek fokus op die wyse waarop die projek uitvoering gee aan die strategiese prioriteite van die instansie.) Doelwitte word gemeet aan die SMART beginsels: Specific, Measurable, Attainable/Achievable, Realistic and Timebound

E

"Effort"

Effort

Hoe lank 'n taak in ideale omstandighede sal duur

F

Fase

Phase

'n Groep take wat verband hou met mekaar en werk na 'n mylpaal toe

Filter

Filter

'n Manier waarop inligting volgens bepaalde kriteria geselekteer word

G

Gebeurlikheidsfondse

Continguency Fund

Fondse wat slegs aangewend word indien 'n risiko realiseer en die risiko-aksieplan uitgevoer moet word.

Gedeelde Taak

Split Task

'n Taak waarvan die skedulering onderbreek is, bv. 'n 2-dag taak wat nie aanhoudende werk vereis nie en gedeel word sodat die eerste dag geskeduleer word vir Maandag en die tweede dag vir die Donderdag

Geskeduleerd

Scheduled

Die mees onlangse inligting rakende die projek, insluitend werklike en oorblywende datums, tydsdure en kostes vir take wat reeds begin is en die laaste geprojekteerde datums, tydsdure en kostes vir take wat nog nie begin het nie

H

Herhalende Taak

Recurring Task

'n Taak wat herhaaldelik gebeur gedurende die tydsduur van 'n projek

Hulpbronbalansering

Levelling

Die oplos van die oorallokering van hulpbronne deur verskillende tegnieke

Hulpbronbalansering vertraging

Levelling Delay

Die tyd wat 'n taak vanaf die oorspronklike begindatum vertraag word a.g.v hulpbronbalansering

Hulpbrongedrewe Skedulering

Resource-Driven Scheduling

'n Skeduleringsmetode wat die taaktydsduur baseer op die hoeveelheid werk wat die taak benodig en die hoeveelheid hulpbronne of hulpbroneenhede daaraan toegeken

Hulpbrongroep

Resource Group

'n Groep hulpbronne wat sekere karaktereienskappe deel, gegroepeer deur 'n groepnaam

Hulpbronne

Resources

Mense, toerusting en materiaal benodig om take te voltooi in 'n projek

Hulpbronpoel

Resource Pool

'n Groep hulpbronne beskikbaar vir toekenning aan projektake

Hulpbrontoekenning

Resource Allocation

Die toedeling van hulpbronne aan take in 'n projek

K

Kritieke pad

Critical path

Die volgorde van aktiwiteite wat op skedule voltooi moet wees sodat die totale projek op skedule afgehandel kan wees. Dit is met ander woorde die kortste pad deur die werksplan. Indien een van hierdie aktiwiteite met een dag vertraag word, word die hele projek met een dag vertraag (tensy 'n ander aktiwiteit op hierdie pad met een dag versnel kan word).

Kwaliteit

Quality

Die standaarde wat vereis word vir 'n produk, proses of projek

Kwessie

Issue

'n Risiko wat gerealiseer het

M

Meester Projek

Master Project

'n Projek wat uit verskeie subprojekte saamgestel is

Mylpaal

Milestone

'n Mylpaal is 'n skeduleringselement wat aandui dat 'n sleutelaflewerbare of 'n stel verwante aflewerbares bereik is. Per definisie het dit 'n 0 tydsduur en geen toegekende hulpbronne nie. Dit is 'n vlaggie in die plan om aan te dui dat belangrike werk voltooi is. Dit word gewoonlik gebruik om vordering te meet en te evaleer.

N

Nie-tasbaar

Intangible

'n Tipe aflewerbare waarvan die waarde in die inhoud is, bv. 'n handleiding

Nie-werkstyd

Nonworking time

Tyd wanneer daar nie take geskeduleer kan word nie omdat geen werk gedoen word nie

Nota

Note

Verduidelikende data wat aan 'n taak of hulpbron verbind word

O

Omvang

Scope

'n Presiese aanduiding van wat ingesluit is in die projek en wat nie

Onbuigbare Beperking

Inflexible Constraint

'n Beperking wat aan 'n datum verbind is en dus nie verander kan word nie

Onderallokasie

Underallocation

Ken 'n hulpbron toe om minder ure te werk as wat die hulpbron beskikbaar is

Onvoorsiene uitgawes

Contingency

Addisionele fondse wat in die projekplan ingebou is om gebeurtenisse te dek wat nie tydens beplanning voorsien is nie (Dit gaan gewoonlik gepaard met die realisering van 'n risiko en is nie daar om vir swak beplanning te kompenseer nie!)

Oorallokasie

Overallocation

Wanneer meer take aan 'n hulpbron toegeken word as wat die hulpbron kan behartig in die beskikbare werkstyd

Oorhoofse Lêer

Global File

'n MSProject lêer wat inligting bevat wat gebruik kan word vir verskillende projekte

Oorvleuelde Tyd

Lead Time

Oorvleueling tussen afhanklike take, bv. wanneer 'n taak eers kan begin wanneer die voorafgaande taak halfpad klaar is

Opgawe

Log

Lys van belangrike inligting wat benodig word vir die suksesvolle beheer van 'n projek

Opgerolde Take

Collapsed Tasks

Indien 'n hoof-taak saamgestel is uit meer as een sub-taak, kan al die ondergeskikte take "opgerol" word om slegs die hoof, opsommende taak te sien.

Oprol

Roll up

Subtake kan opgerol word om na 'n opsommende vlak sodat belangrike datums makliker sigbaar kan wees.

Opsommingstaak

Summary Task

'n Taak wat bestaan uit subtake en wat sulke subtake opsom

Opvolger

Successor

'n Taak wat nie kan begin voordat 'n ander taak afgehandel is nie

P

Persentasie Voltooid

Percent Complete

'n Veld wat gebruik word om aan te toon hoe ver 'n taak gevorder het (in persentasie)

Plan

Plan

'n Groep take met begin- en einddatums, hulpbronne en kostes

Prioriteit

Priority

'n Aanduiding van 'n taak se belangrikheid relatief tot ander take

Program

Programme

'n Oorkoepelende naam vir 'n groep verwante projekte (Om verwarring te voorkom, word hierdie begrip nie in 'n akademiese omgewing gebruik nie aangesien dit 'n ander konnotasie het)

Projeksiklus

Project Life Cycle

Die prosesse en fases waardeur 'n projek tipies gaan van sy begin tot einde

Prosedure

Procedure

'n Duidelike spesifikasie van die volgorde, tydsberekening, uitvoering, ens van 'n proses

R

Riglyn

Guideline

Aanbevole benadering vir 'n spesifieke taak of aksie

Risiko

Risk

Enige gebeurtenis wat waarskynlik kan gebeur en wat kan verhinder dat die projekdoelstellings en aflewerbares gehaal word

S

Samevoeging

Linking

'n Afhanklikheid tussen take se begin- en einddatums

Skedule

Schedule

Die organisasie van take binne 'n projek volgens taakafhanklikhede, tydsduur, beperkings en tydgeoriënteerde projekinligting

Snelskakel

Hyperlink

Data, onderskei deur kleur, wat 'n skakel bevat na 'n ander lêer of area binne 'n lêer. Wanneer die skakel geselekteer word, maak die "browser" die geassosieerde dokument oop.

Speling

Slack

Die hoeveelheid tyd wat 'n taak toegekende tyd kan oorskrei voordat dit 'n effek het op ander taakdatums of die projek se einddatum

Sperdatum

Deadline

'n Teikendatum wat aandui wanneer 'n taak voltooi moet wees

Standaard

Standard

'n Vereiste benadering vir 'n spesifieke taak of aksie

Subprojek

Subproject

'n Projek wat op sy eie kan staan, maar ook deel vorm van 'n groter projek

T

Taak

Task

'n Relatiewe klein stukkie werk, met 'n definitiewe begin en einde (dus 'n vaste tydsperiode), wat deur een of meer persone verrig word om 'n aflewerbare te bereik

Taakverhouding

Task Relationship

Die verhouding tussen take wat op een of ander manier aan mekaar verbind is

Tasbaar

Tangible

'n Tipe aflewerbare waarvan die waarde in die item self is, bv. 'n gebou

Toekenning

Allocation

Die persentasie wat 'n hulpbron aan 'n spesifieke taak toegeken is

Tussentydse Plan

Interim Plan

'n Voorlopige plan met inligting ivm begin- en einddatums, hulpbronne en kostes

Tydsduur

Duration

Die werklike werkstyd wat dit neem om 'n taak te voltooi, maw met inagneming van die beskikbaarheid van hulpbronne en ander faktore

Beskikbare eenhede:

min = minute

emin = elapsed minutes

hr = hour

ehr = elapsed hours

day = day

edays = elapsed days

wk = week

ewk = elapsed weeks

mo = month

emo = elapsed months

Tydskaal

Timescale

Die tydperiode-aanwysing wat aan die bokant van alle sigbladsye verskyn. Dit bestaan uit 'n hoof tydskaal en 'n kleiner tydskaal daaronder. Tydskale kan eenhede van minute, ure, dae, weke, 'n derde van maande, maande, kwartale, halfjare en jaar vertoon.

U

Uitbrei

Expanding

Wanneer 'n hoof-taak oopgemaak word om te sien watter take ondergeskik is daaraan

V

Vaste Kostes

Fixed Costs

'n Koste wat konstant bly ongeag die tydsduur van die taak of werk wat deur die hulpbronne uitgevoer word

Vaste tydsduur skedulering

Fixed Duration Scheduling

'n Skeduleringsmetode waar die tydsduur van 'n taak dieselfde bly ongeag die hoeveelheid hulpbronne toegeken aan die taak, bv. 'n vaste sperdatum

Veld

Field

'n Spesifieke area op 'n blad of vorm wat spesifieke inligting bevat i.v.m. 'n taak of hulpbron

Veranderingsbestuur

Change Management

Die formele stel reëls met behulp waarvan enige veranderinge aan 'n projek nadat dit reeds goedgekeur is, bestuur word

Veranderingsversoek

Change Request

'n Versoek, volgens die voorgeskrewe reëls, om die vasgelegde omvang van werk te verander

Veronderstelling

Assumption

Enige faktor wat, vir die doelwit van beplanning, aanvaar word as waar en seker, bv. dat die betrokke hulpbronne beskikbaar sal wees

Verslag

Report

Die formaat waarin geselekteerde inligting weergegee word

Verstek

Default

Die oorspronklike konfigurasie of opstelling van 'n program of apparatuur, gewoonlik gestel om die voorkeur van die verbruiker te weerspieël

Verstreke Tydsduur

Elapsed Duration

Addisionele tyd - wanneer beplande tyd verstryk het - wat 'n taak sal neem tot voltooiing

Vertraging

Delay

Die hoeveelheid tyd tussen die geskeduleerde aanvang van 'n taak en die tyd wanneer dit werklik begin

Voorganger

Predecessor

'n Taak wat moet begin of klaarmaak voordat 'n ander taak kan begin of klaarmaak.

W

Wagtyd

Lag Time

'n Wagtyd tussen afhanklike take, bv. waar 'n taak voltooi moet wees voordat die volgende taak kan begin

Weergawe

Release

'n Volgende kopie van 'n dokument of program nadat daar aan die oorspronklike verander is

Werk

Work

Vir take - die totale mens-ure benodig vir hulpbronne om die taak te voltooi.
Vir opdragte - die hoeveelheid werk wat aan 'n hulpbron toegeken word vir 'n spesifieke taak.
Vir hulpbronne - die hoeveelheid werk wat aan 'n hulpbron toegeken word vir alle take.
Werk is verskillend van tydsduur.

Werklike inligting

Actual information (Actuals)

Inligting wat aantoon wat werklik gebeur of gerealiseer het, bv. die werklike datum waarop 'n taak plaasgevind het i.p..v die veronderstelde datum

Werkstruktuur

Work Breakdown Structure

* Dui op 'n grafiese wyse die volle omvang van 'n projek aan
* Dui op 'n grafiese wyse aan hoe die verskillende take verdeel is in meetbare, realistiese eenhede
* Dui die verantwoordelikhede teenoor elke taak en sub-taak aan
* Dien as 'n lys van tasbare mylpale
* Sit begin- en einddatums duidelik uiteen
* Is maklik verstaanbaar
* Het 'n mate van buigsaamheid om veranderinge aan die projek te kan akkommodeer

Werktyd

Working Time

Ure toegeken in 'n hulpbron- of projekkalender waarin werk kan gebeur