Administrasie B
Tel: 808-3080
E-pos: bpo@sun.ac.za

Tuis - PROJEKtUSkantoor - Rolspelers - Projeksiklus - Projekbestuursprosesse - Woordelys - English

Kommunikasiebestuur

Riglyne

1.

Wie? Identifiseer alle potensiële belangegroepe of aandeelhouers

 

1.1

Verdeel die lys in interne en eksterne belangegroepe.

1.2

Besluit watter inligting oor elke belangegroep benodig word en waar om dit te kry. Gebruik die volgende vrae as riglyne:

 

a)

Waarin stel hulle belang en hoekom?

b)

Wat verwag hulle om uit die projek te kry?

c)

Hoe kan die projek hulle of hulle omgewing beïnvloed?

d)

Kan hulle ondervinding of kennis 'n bydrae tot die projek lewer?

e)

Wat is hulle sterk- en swakpunte?

f)

Het die belangegroep enige verborge agenda?

g)

Het die aandeelhouers enige mag binne die projek? Indien wel, watter mag?

h)

Het die aandeelhouer enige wetlike regte?

i)

Is die belangegroep ten gunste van die projek?

j)

Gaan die projek die belangegroep se werksverrigting beïnvloed?

k)

Kan die belangegroep enige probleme skep vir die projek?

l)

Is daar enige geskiedenis van die belangegroep t.o.v. vorige projekte?

LW!

Sommige van hierdie inligting kan vertroulik wees. Besluit dus vooraf wie die inligting mag sien.

1.3

Besluit of kommunikasie formeel of informeel gaan wees.

2.

Watter inligting?

 

2.1

Omvang: Pasop vir oorlading – kry ‘n balans tussen die waarde van die inligting en die tyd en koste benodig om dit te versamel, verwerk en uit te stuur.

2.2

Formaat: gebruik sover moontlik standaard vorms.

3.

Waarmee / Medium? Identifiseer watter medium vir elke teikengroep gebruik gaan word.

4.

Wanneer / Skedule: Bepaal die skedule vir kommunikasie en sluit dit as aksies in die projekplan in.

5.

Terugvoer en liassering: Besluit hoe op elke boodskap gereageer gaan word en hoe dit gestoor gaan word.

6.

Verantwoordelikheid: Die verantwoordelikheid vir die bestuur van sleutel-belangegroepe berus by die projekbestuurder.

7.

Hantering

 

7.1

Vergader gereeld met die aandeelhouers om op hoogte te bly van veranderende behoeftes.

7.2

Hersien en dateer die lys gereeld op.

7.3

Hou die belangegroepe op hoogte van vordering (soos in die kommunikasieplan ooreengekom).

Addisionele dokumentasie

Riglyne: Kommunikasie

Templaat: Kommunikasiestrukture