1. |
Die projekbegroting, soos goedgekeur deur die Projekraad, word onveranderd behou en dien as basis vir spandering. |
2. |
Die sigblad bevat formules in die grys selle. Hierdie selle is dus gesluit en kan
nie verander word nie. |
3. |
Opsommende inligting:
|
|
|
Totale spandering: |
|
Outomaties bereken vanaf maandelikse totale |
|
Fondstoevoeging: |
|
Fondse wat deur die loop van die projek verkry word a.g.v. veranderingsversoeke |
|
Projekherwinning: |
|
Enige inkomste of wins wat deur die projek gegenereer is, bv. deur die aanbied van kursusse |
|
Interne personeel: |
|
Tot verdere kennisgewing word kostes, bereken volgens 'n gemiddelde
tarief, aangedui maar nie van die projek verhaal nie. |
|
Beskikbaar: |
|
Die bedrag beskikbaar nadat werklike spandering afgetrek is van die toegekende bedrag, sowel as addisionele fondse (fondstoekenning en projekherwinning). Kontroleer gereeld of die bedrag langs "Beskikbaar" ooreenstem met die
bedrag soos aangedui in die Sentrale Rekenaarstelsel. |
|
Kolomme vir elke maand: |
|
Begroot |
- Begroting, soos goedgekeur |
|
Werklik |
- Werklike maandelikse spandering |
|
Afwyking |
- Outomaties bereken |
|
LW. Spesifieke bedrae tel outomaties op na maandelikse totale |
|
4. |
Gedetaileerde inligting:
|
|
|
Onder elke area is voorsiening gemaak vir die verskaffing van projekspesifieke inligting, bv. vir spesifieke kapitaaluitgawes. |
|
Elke area het sy eie totaal wat outomaties bereken word soos die detail spandering verskaf word. |
|
Voeg transaksie-inligting, soos die rekwisisienommer en kort beskrywing, by die inskrywings in die
Werklike kolom (Regskliek op die inskrywing > Insert Comment). Dit vergemaklik toekomstige verwysing. |
|
NB! Dit is van die uiterste belang dat akkuraat gewerk word en dat inligting gereeld opgedateer word. |
|
LW! |
Geen poste mag binne projekverband geskep word wat nie uit bestaande bedryfsfondse bekostig kan word nie! |
|
|
|