Administrasie B
Tel: 808-3080
E-pos: bpo@sun.ac.za

Tuis - PROJEKtUSkantoor - Rolspelers - Projeksiklus - Projekbestuursprosesse - Woordelys - English

Rolspelers

Projekadministrateur

Algemene Administrasie

1.

Instandhouding van distribusielyste vir betrokke projek

2.

Opstel en instandhouding van projeknetwerkspasie (Maak voorsiening vir projekspesifieke inligting, bv. geskiedenis, projekbestuursinligting)

3.

Instandhouding van elektroniese kopieë van projeklêers

4.

Koördinering van logistieke behoeftes en behoeftes van nuwe personeel

5.

Skedulering van vergaderings en werkswinkels op versoek

6.

Konsolidering van inligting vir projekvergaderings, soos deur PB versoek

7.

Verspreiding van inligting aan genomineerde persone

8.

Reël van sosiale funksies

9.

Neem van telefoonboodskappe

10.

Onderhandeling met ander projekbestuurders i.v.m. versoeke vir inligting

11.

Skakeling met Projekondersteuningskantoor i.v.m. standaardisering van inligting, riglyne, ens.

Addisionele dokumentasie:

Struktuur vir netwerkspasie en benamingskonvensies

 

Administrasie van Aflewerbares

Addisionele dokumentasie:

Riglyne vir die Proses vir die Administrasie van Aflewerbares

 

Instandhouding van projekplan

1.

Ontvang projekplan van PB

2.

Onderhou projekplan - LW! Enige veranderings aan die projekplan mag slegs geskied na aanleiding van 'n goedgekeurde veranderingsversoek.

3.

Stel verslae saam, bv. Statusverslag en verslag van agterstallige werk

4.

Verspei status- en vorderingsverslag aan die goedgekeurde verspreidingslys

 

Finansiële Administrasie

1.

Hou die projekbegroting op datum

2.

Verskaf finansiële verslae (begroting vs werklike spandering)

 

Administrasie van veranderingsversoeke

1.

Elke spanlid het die templaat vir 'n veranderingsversoek.

2.

Spanlid stuur veranderingsversoek aan PA

3.

Teken veranderingsversoek in die Veranderingsversoekopgawe aan

4.

Ken 'n nommer aan die versoek toe

5.

Reël 'n vergadering om die versoek te bespreek of plaas 'n staande punt op die agenda van die gereelde vergadering vir die hantering van veranderingsversoeke

6.

Kry die dokumentasie gereed vir die vergadering

7.

Dateer die Veranderingsversoekopgawe op met die uitslag van die vergadering (bv. Goedgekeur, of Doen eers 'n impakanalise)

8.

Dateer die projekplan op nadat die versoek goedgekeur is

 

Verwerking van tydstate

Addisionele dokumentasie:

Proses vir hantering van tydstate

Templaat vir tydstate

Rolspelers

Projekraad

Stuurkomitee

Aandeelhouers

Projekeienaar

Projekbestuurder

Projekadministrateur

Projekspan

Eindgebruikers

Kliënt

Verskaffer