'n Aandeelhouer is: |
1. |
Enige persoon in, of buite, die organisasie wat op een of ander manier 'n belang by die projek het |
2. |
Enige persoon in, of buite, die organisasie wie se belange positief of negatief beïnvloed kan word deur die projek |
|
Die bestuur van aandeelhouers |
Die projekeienaar en projekbestuurder het geen gesag oor die aandeelhouers nie. Hulle moet dus op 'n manier betrek word sodat hulle inkoop in die proses en deel daarvan voel. |
1. |
Die projekeienaar en projekbestuurder stel 'n volledige lys van alle aandeelhouers op. |
2. |
Die aandeelhouers word in kategorieë ingedeel, afhangende van die invloed wat hulle op die projek kan hê. (Sien Klassifikasiemodel onderaan) |
3. |
Die lys word gereeld opdateer aangesien alle aandeelhouers nie van die begin af betrokke is nie. |
4. |
Stel 'n kommunikasieplan op wat al die verskillende aandeelhouers en hulle behoeftes in ag neem. |
5. |
Lig die aandeelhouers in i.v.m. die verantwoordelikhede van die projekbestuurder. |
6. |
Betrek die aandeelhouers en hulle kundigheid waar dit vir die projek van waarde kan wees. |
7. |
Swak bestuur van aandeelhouer is 'n risiko vir 'n projek. Dit kan lei tot inmenging, verwarring en 'n lae moraal onder spanlede. |
|
Model vir klassifikasie van aandeelhouers |
1. |
Daar is twee kategorieë waaraan aandeelhouers gemeet kan word: |
|
a) Ingesteldheid teenoor die projek |
|
Ingesteldheid (van "Ten gunste van" tot "Gekant teen") |
Ten gunste van |
Baie hoog |
4 |
Hoog |
3 |
Medium |
2 |
Laag |
1 |
Neutraal |
Neutraal |
0 |
Gekant teen |
Laag |
-1 |
Medium |
-2 |
Hoog |
-3 |
Baie hoog |
-4 |
|
|
b) Invloed op die projek |
|
Invloed (van "Beïnvloed deur" tot "Invloed op") |
Beïnvloed deur |
Baie hoog |
4 |
Hoog |
3 |
Medium |
2 |
Laag |
1 |
Neutraal |
Neutraal |
0 |
Invloed op |
Laag |
-1 |
Medium |
-2 |
Hoog |
-3 |
Baie hoog |
-4 |
|
2. |
Plaas die waardes toegeken vir elke aandeelhouer in die aangehegte tabel (in Excel). |
3. |
Vier kwadrante kom na vore: |
|
Kwadrant |
Tipe aandeelhouer |
O |
Ondersteuners |
B |
Bondgenote |
H |
Hindernisse |
V |
Vyandiges |
Op enige lyn |
Draadsitters |
|
4. |
Daar word met alle aandeelhouers gekommunikeer, ongeag in watter kwadrant
hulle is. Aksies om aandeelhouers wat in Kwadrant V val, maw Vyandiges, te neutraliseer of
aan boord te kry, word deel van die projekplan. |