Administrasie B
Tel: 808-3080
E-pos: bpo@sun.ac.za

Tuis - PROJEKtUSkantoor - Rolspelers - Projeksiklus - Projekbestuursprosesse - Woordelys - English

Projekadministrateur

Riglyne: Administrasie van aflewerbares

1.

Skep 'n opgawe van mylpale en aflewerbares vanaf projekplan

 

"Copy & Paste" die MSProject plan na 'n Excel werkboek - dit word die opgawe vir Mylpale & Aflewerbares (Milestone & Deliverable Log). Wanneer 'n projekbestuurder enige veranderinge aan die projekplan aanbring, lig hy/sy die PA in aangaande die veranderinge sodat die M & A opgawe opdateer kan word.

2.

Herinner eienaars van aflewerbares aan aflewerdatum

 

Soos afgespreek met die die PB, herhinner die PA die eienaars van aflewerbares kort voor die afleweringsdatum. Enige probleme word na die PB verwys.

3.

Stuur produk per e-pos aan PA

 

Sodra die aflewerbare voltooi is, word dit per e-pos aan die PA gestuur.

4.

Stuur aflewerbare per e-pos aan aftekenaars

 

Elke aflewerbare word deur vooraf-geïdentifiseerde persone hersien en afgeteken voordat dit as voltooid aangeteken word. Afhangende van die aard van die aflewerbare, kan tot drie persone hiervoor verantwoordelik wees, bv. die programbestuurder. Elke aflewerbare word vergesel met 'n voorblad waarop die naam van die aflewerbare, die projekbestuurder, die eienaar van die aflewerbare, die aftekenaars en teikendatum van die aflewerbare verskyn.

 

AFLEWERBARE NIE KORREK

1.

Bespreek probleme met eienaar

 

Die verantwoordelike persoon klaar onduidelikhede of foute met die eienaar van die aflewerbare uit.

2.

Bring relevante veranderinge aan

 

Indien ooreenstemming tussen die eienaar en aftekenaar bereik is, bring die eienaar die nodige veranderinge aan.

 

AFLEWERBARE KORREK

1.

Ontvang tekenblad en liasseer

 

PA kontroleer dat alle aftekenbladsye gekoppel aan 'n spesifieke aflewerbare ingevorder is voordat die aflewerbare as voltooid aangeteken word. Daarna word die tekenbladsye vir verwysing geliasseer.

2.

Stoor aflewerbare in netwerkspasie vir voltooide werk

 

PA stoor die korrekte aflewerbare op die netwerkspasie vir Voltooide Aflewerbares.

Ander dokumentasie

Projekadministrateur

Netwerkstrukture en benamingskonvensies

Administrasie: aflewerbares