Administrasie B
Tel: 808-3080
E-pos: bpo@sun.ac.za

Tuis - PROJEKtUSkantoor - Rolspelers - Projeksiklus - Projekbestuursprosesse - Woordelys - English

Rolspelers

Projekbestuurder

Verantwoordelikhede

1.

Identifiseer die projek se aandeelhouers

a)

Verkry die sleutelaandeelhouers se "inkoop"

b)

Bestuur die verhouding met die aandeelhouer of kliënt (in samewerking met die projekeienaar)

2.

Lei en bestuur die projekspan

a)

Kies die kernspan saam met die projekeienaar

b)

Bepaal en kry instemming t.o.v. die rol en verantwoordelikhede van elke spanlid

c)

Werk direk met die projekadministrateur (PA)

d)

Verskaf gereeld, op 'n informele manier, terugvoer aan elke spanlid

e)

Hersien elke spanlid se prestasie formeel, soos ooreengekom met die spanlid

f)

Reël spanbousessies

g)

Erken en beloon prestasie en wanneer verwagtinge oorskrei is

3.

Bestuur die projek

a)

Definieer die projek

b)

Identifiseer en bestuur risiko's

c)

Bestuur die kommunikasieplan

d)

Allokeer en verkry hulpbronne

e)

Moniteer projekvordering

f)

Rapporteer oor projekvordering

g)

Los probleme op wat inmeng met projekvordering

h)

Identifiseer veranderinge aan die omvang van die projek (veranderingsbestuur)

i)

Beheer kostes

j)

Lewer projekaflewerbares wat voldoen aan die verwagte kwaliteitstandaarde

 

Karaktereienskappe

1.

Ingesteldheid

 

Entoesiasties

Toegewyd

Vol dryfkrag

Ingestel op sukses

2.

Persoonlikheidseienskappe

 

Buigbaar

Aanpasbaar

Kreatief en verbeeldingryk

Self-gedissiplineerd

Goed georganiseerd

Het selfvertroue

Ambisieus

3.

Demonstreer merkbare inisiatief

4.

Het 'n wye belangstellingsveld

5.

Is assertief

6.

Kan besluite neem

7.

Kan probleme identifiseer en oplossings fasiliteer

8.

Het goeie kommunikasievaardighede en is 'n goeie luisteraar

9.

Het goeie mens- en spanbouvaardighede:

 

Gerespekteer deur ewe-knieë en bestuur

Bou vertroue met spanlede en aandeelhouers

Inspireer goeie spanverhoudinge

Hou spanlede gefokus op doelwitte van projek

Bevorder motiverende omgewing

10.

Is projekbestuurskundig:

 

Opgelei in gebruik van projekbestuurspakkette en tegnieke

Ondervinding in projekbestuursprosesse en prosedures

Rolspelers

Projekraad

Stuurkomitee

Aandeelhouers

Projekeienaar

Projekbestuurder

Projekadministrateur

Projekspan

Eindgebruikers

Kliënt

Verskaffer