Wat is 'n beperking? |
|
Enige iets wat die projek verplig om binne sekere spelreëls te bly, bv.
1. Finansies (projekkoste, kapitaalkoste, inkomstes, personeelkoste),
2. Tyd (om resultate teen die gegewe datum te lewer)
3. Kwaliteit (om die omvang, spesifikasies of standaarde te behaal) |
Watter proses word gevolg? |
1. |
Identifiseer die beperkings vir elke doelwit. |
2. |
Klassifiseer elke beperking, bv: |
|
a) Infrastruktuur, tegnologie, hulpbronne, kommunikasie (interne beperkings) |
|
b) Omgewingsimpak, wetlik, polities, gemeenskap (eksterne organisasie) |
|
LW! 'n Beperking kan in 'n "voordeel" omskep word, soos om 'n bydrae te lewer
tot die oplos van 'n spesifieke probleem. Bv. om die negatiewe sentimente van 'n bepaalde gemeenskap te oorkom,
kan 'n projek van die gemeenskap se mense intrek as arbeiders op die projek. Sonder dat dit dus
die projek se aanvanklike bedoeling was, kan die projek bydra tot die verligting van
werkloosheid. |
3. |
Ontwikkel verskillende scenarios |
4. |
Vergelyk die verskillende scenarios met mekaar. |
|
a) Vergelyk finansiële impak van scenarios. |
|
b) Vergelyk relatiewe belangrikheid van beperkings. |
|
LW! Neem die invloed op die projek as geheel in ag, nie net op afsonderlike
elemente nie. |