Administrasie B
Tel: 808-3080
E-pos: bpo@sun.ac.za

Tuis - PROJEKtUSkantoor - Rolspelers - Projeksiklus - Projekbestuursprosesse - Woordelys - English

Inisiëring

Kontrolelys vir inisiëring

 

Sleutelvrae

Ja

Nee

1.

Word daar ondubbelsinnig verstaan wat die eindgebruikers wil hê en hoekom? As daar verskillende belangegroepe is, weet jy hoe hulle behoeftes verskil?

2.

Verstaan jy die gebruikers se prioriteite tov prestasie, tydsberekening en koste?

 

 

3.

Het jy 'n breë projekplan wat die aflewerbares teen voldoende kwaliteit, vinnig en goedkoop genoeg sal lewer?

 

 

4.

Is die basiese vrae geïdentifiseer wat beantwoord moet word om te weet of die projek lewensvatbaar is of nie?

 

 

5.

Het die projek 'n eienaar wat as kampioen kan optree?

 

 

6.

Is daar 'n konsepsakeplan wat aandui wat die verwagte voordele vir die instansie gaan wees?

 

 

7.

Kan jy die omvang van die projek beskryf?

 

 

8.

Kan jy in breë terme beskryf wie die verskillende blokke werk gaan verrig tot by die einde van die projek?

 

 

9.

Is daar 'n realistiese plan vir die hele projek op grond waarvoor take toegeken kan word?

 

 

10.

Beskou die Projekraad hierdie projek as belangrik genoeg, in verhouding tot ander projekte, om 'n belegging in die verdere beplanning te regverdig?

 

 

11.

Word veronderstellings ivm faktore wat die koste en voordele kan beïnvloed, duidelik uiteengesit? Is die uitwerking van enige veranderinge daaraan oorweeg?

 

 

12.

Ondersteun die projek die strategiese doelwitte van die instansie?

 

 

13.

Glo die bestuur van die instansie dat hierdie projek die beste benutting van fondse en hulpbronne verteenwoordig, in vergelyking met ander projekte?

 

 

13.

Het die Bestuur die projek eksplisiet gemagtig?

 

 

14.

Indien 'n persoon wat nie vertroud is met die projek nie die inisiëringsdokument sou lees, sal hy/sy die projek kan bestuur tot sy gewenste uitsette?

 

 

Ander Inisiëringsdokumentasie

Inisiëringsproses

Templaat: Inisiëring

Riglyne: Inisiëringstemplaat

Riglyne: Validering van Veronderstellings

Riglyne: Evaluasie van Beperkings

Riglyne t.o.v. gebeurlikheidsfondse

Templaat: Risiko-opgawe

Riglyne: Risiko-opgawe templaat

Riglyne: Bepaling van risiko

Riglyne: Kontrolelys