Administrasie B
Tel: 808-3080
E-pos: bpo@sun.ac.za

Tuis - PROJEKtUSkantoor - Rolspelers - Projeksiklus - Projekbestuursprosesse - Woordelys

PROJEKtUSkantoor dienste

Projekbestuursopleiding

Wat behels dit?

Die verskaffing van opleiding in projekbestuursmetodologie en gepaardgaande programmatuur

 

Tipes opleiding

Tipe

Tydsduur

Vereistes

Koste*

Projekbestuursmetodologie

3-4 oggende

 

R1250

Projekbestuursmetodologie - aangepas volgens behoefte

soos nodig

 

Bepaal deur tydsduur, minimum van R250

Projekbestuursoriëntering

1 dag

Vorige ondervinding in projekbestuur

R500

MS Project

1 dag

Kursus in Metodologie
Windows & verkieslik Office

R500

*Die koste is per persoon. Die betrokke bedrag word per interdepartementele rekwisisie inbetaal op kostepunt 5815.

 

Kursusrooster vir 2009

Sal binnekort beskikbaar wees

 

Let asb op die volgende:

1.

Taalmedium

*

Kursusse word in Afrikaans aangebied, tensy vooraf anders gespesifiseer. Vrae sal wel in Engels beantwoord word. Om dus die beste voordeel uit die kursusse te verkry, is 'n goeie gebruikskennis van Afrikaans nodig.

*

Kursusmateriaal kan in Afrikaans of Engels wees, en die kopiereg daarvan behoort aan die aanbieder.

*

Daar moet voldoen word aan die voorvereistes vir elke kursus, soos uiteengesit onder "Tipes Opleiding" hierbo.

2.

Besprekings

*

Kursusgroepe word normaalweg so saamgestel dat almal saam kan werk aan 'n werklike projek.

*

Die kursusrooster is beskikbaar tot Desember 2007. Indien daar nog plekke beskikbaar is op die datums wat u pas, stuur asb e-pos aan Barbara Pool.

*

Indien daar nie meer plekke beskikbaar is nie, kontak ook asb vir Barbara Pool. Indien die aanbieders se skedules dit toelaat, kan 'n spesiale kursus moontlik ingepas word.

3.

Kostes

*

Elke kursus se koste word aangedui teenoor die kursus (onder "Tipe Opleiding").

*

Rig 'n interdepartementele rekwisisie aan 5804. Spesifiseer asb die tipe kursus (MS Project, Projekbestuur, Projekoriëntering) en persoon of persone se naam.

*

Personeellede wat spanlede is van huidige e-Kampusprojekte, kan die kursusse gratis bywoon.

4.

Kansellasies

*

Daar is 'n uitgebreide waglys vir elke kursus. U word dus vriendelik versoek om die bywoning van hierdie kursusse met erns te benader.

*

Indien u wel MOET kanselleer, moet u skriftelike verskoning ten minste twee werksdae voor die aanvang van die kursus by die PROJEKtUSkantoor wees. Sodoende kan iemand anders nog die geleentheid kry om die kursus by te woon.

*

LW! Indien die kansellasie nie betyds ontvang is nie, word u afdeling volledig vir die kostes verantwoordelik gehou.

*

Rig die kansellasie aan:
Skriftelik: PROJEKtUSkantoor, Admin B, kantoor B4201
E-pos: bpo@sun.ac.za
Faks: PROJEKtUSkantoor, 021-808 3913

5.

Bywoning

*

Al die kursusse vorm 'n logiese geheel.

*

Dit word dus ten sterkste afgeraai dat kursusgangers laat kom, of tydens die duur van die kursus uitgaan vir bv vergaderings.

Ander skakels

Metodologie & opleidingsmateriaal

Standaarde

Lesse geleer

Opleiding

Projekbestuursondersteuning, raadgewing & konsultering

Projekwelstand

Infrastruktuur

Projekraad