1. |
"Plan the work and work the plan" |
|
|
Beplan die werk deeglik deur die geheel op te breek in beheerbare, logiese eenhede (komponente of doelwitte, aflewerbares, take). |
|
Onthou! Die belang van die eenhede is altyd ondergeskik aan die belang van die geheel. |
|
Elke element word duidelik en presies omskryf sodat daar geen vaaghede is nie. |
|
Stel "SMART"-doelwitte. |
|
As die realiteit nie dieselfde is as die plan nie, pas die PLAN aan! |
|
2. |
Handhaaf 'n balans tussen omvang, tyd en koste. |
|
|
Moenie op een aspek ter uitsluiting van die ander fokus nie. |
|
Ken en verstaan jou instansie se besigheidsprioriteite! Een van die drie is altyd die mees kritieke een. |
|
Bereken vooraf wat verloor gaan word as die projek nie aflewer nie. |
|
Verwys belangrike besluite na die Bestuur. |
|
Bestuur "scope creep". |
|
3. |
Fokus op probleemoplossing. |
|
|
Moenie vassteek op hoe die probleem ontstaan het nie. Fokus op die oplossing! |
|
Wees oop en positief - dan ontwikkel spanlede die vrymoedigheid om probleme betyds na vore te bring. |
|
4. |
Projekbestuur is spangeörienteerd met duidelike rolle en verantwoordelikhede. |
|
|
Kry die regte vaardighede op die span. |
|
Persoonlikhede en werkstyle speel 'n belangrike rol binne spanverband. Hou dit in gedagte by die keuse van spanlede. |
|
5. |
Kommunikeer, kommunikeer, kommunikeer! |
6. |
Doen verslag oor die waarheid! |
|
|
Projekbestuur gaan tot 'n groot mate oor probleemoplossing. Indien jy betyds bewus is van 'n probleem, kan dit nog aangespreek word. |
|