Administrasie B
Tel: 808-3080
E-pos: bpo@sun.ac.za

Tuis - PROJEKtUSkantoor - Rolspelers - Projeksiklus - Projekbestuursprosesse - Woordelys - English

Finansiële Bestuur

Prosedure vir uitsonderings

PROSEDURE INDIEN UITSONDERING VERSOEK WORD

1.

LW! Geen uitsondering op Reël 1 (onder Reëls vir alle e-Kampuskostepunte) word toegelaat nie.

2.

Die projekbestuurder rig die versoek, met motivering, aan die betrokke Stuurkomitee (Verkry vorm by PROJEKtUSkantoor)

3.

Indien die Stuurkomitee dit goedkeur, stuur die projekbestuurder die versoek, motivering en aanbeveling van die Stuurkomitee deur aan die PROJEKtUSkantoor (ekampus@sun.ac.za).

4.

Die PROJEKtUSkantoor lê die versoek voor aan die eienaar van die e-Kampusinisiatief (Professor Liesbeth Botha).

5.

Die PROJEKtUSkantoor stuur die uitslag van die versoek deur aan die projekbestuurder.

6.

Indien die versoek goedgekeur is, stuur die PROJEKtUSkantoor die versoek per e-pos deur aan Begrotingsbeheer. Besonderhede van die bedrag en kostepunte ter sprake sal in die e-pos aangedui word.

 

LW! Projekbestuurders of - eienaars mag nie direk met Begrotingsbeheer skakel nie.

Ander dokumentasie

Riglyne: Finansiële bestuur

Reëls t.o.v. e-Kampuskostepunte

Templaat: Uitsonderings

Prosedure: Uitsonderings