Administrasie B
Tel: 808-3080
E-pos: bpo@sun.ac.za

Tuis - PROJEKtUSkantoor - Rolspelers - Projeksiklus - Projekbestuursprosesse - Woordelys - English

Afsluiting

Proses: die opstel van 'n afsluitingsverslag

1.

Voltooi die konsepverslag

 

Maak seker dat al die elemente, genoem in die riglyne, aangespreek word.

2.

Sirkuleer die konsepverslag vir hersiening

 

Gee al die rolspelers geleentheid om die verslag te hersien en hulle insette te lewer.

3.

Reël ‘n werkswinkel vir die hersiening van die projekafsluitingsverslag

 

Nooi al die rolspelers na die werkswinkel. Die fokus van die werkswinkel is om al die rolspelers geleentheid te gee om verdere insette te lewer sodat die verslag finaal goedgekeur kan word.

4.

Verkry ‘n afgetekende verslag

 

Die verslag word aan die Stuurkomitee deurgegee vir goedkeuring . Indien hulle dit goedkeur, word dit vir finale aftekening na die Projekraad verwys.

Ander Afsluitingsdokumentasie

Afsluitingsproses

Kontrolelys

Proses: opstel van 'n afsluitingsverslag

Riglyne: Afsluitingsverslagtemplaat

Templaat: Afsluitingsverslag