Administrasie B
Tel: 808-3080
E-pos: bpo@sun.ac.za

Tuis - PROJEKtUSkantoor - Rolspelers - Projeksiklus - Projekbestuursprosesse - Woordelys - English

Watter waarde hou projekbestuur vir die Universiteit in?


Dit stel eenvormige prioritiseringskriteria daar wat verseker dat:

Projekdoelwitte van die begin af in lyn is met strategiese prioriteite

Projekte onderling geprioritiseer word sodat 'n gebalanseerde toekenning van hulpbronne kan plaasvind

 

Dit bied 'n gemeenskaplike en konsekwente benadering tot alle projekte wat:

Effektiewe aanwending van rolspelers se tyd bevorder

 

Dit stel bewese hulpmiddele en tegnieke daar wat:

'n Omgewing skep waarbinne behoorlike definisie aan opdragte gegee kan word (bv. duidelik geïdentifiseerde doelwitte, definitiewe begin- en einddatums, duidelike tydlyne)

Verseker dat relevante inligting op die vroegste moontlike stadium versamel word sodat goeie besluitneming vergemaklik kan word

Verseker dat projekte op gelyke basis kompeteer

Verseker dat inligting volgens konsekwente standaarde ontvang word

Misverstande en verwarring in die organisasie verminder aangesien almal dieselfde prosesse en terminologie gebruik

Effektiewer bestuur van menslike hulpbronne bevorder deur duidelike definisie van elke spanlid se verantwoordelikhede en tydsverdeling

'n Gestruktureerde en metodiese werkswyse bevorder.

 

Dit bevorder die afhandeling van projekte deur:

Duidelike definisie van doelwitte en teikendatums

'n Gestruktureerde proses vir veranderingsbestuur

 

Dit skep gestruktureerde kommunikasiekanale wat:

Kommunikasie na alle rolspelers bevorder

Die sigbaarheid van projekte op alle vlakke verhoog

 

Dit beperk risiko's, bv. finansiële risiko deur:

Vroeë identifisering van finansiële implikasies en deursigtige bestuur van fondse

Terug na...

Watter waarde voeg projekbestuur toe?