Administrasie B
Tel: 808-3080
E-pos: bpo@sun.ac.za

Tuis - PROJEKtUSkantoor - Rolspelers - Projeksiklus - Projekbestuursprosesse - Woordelys - English

Uitvoering

Riglyne: Herbeplanning van projek

Hoekom herbeplan?

1.

Die oorspronklike plan was onvolledig of onvoldoende.

2.

Die plan was nie goed deurdag nie, maar 'n wenslys.

3.

Die projekplan is nie getrou gevolg en op datum gehou nie.

4.

'n Basiese aanname was verkeerd.

5.

Die eindgebruikers sê hulle wil nie meer die uitsette hê nie. Dit kan bv. te laat wees om hulle probleem aan te spreek.

 

Aksiestappe

1.

Erken daar is 'n probleem.

2.

Vind uit wat die presiese situasie is.

3.

Vind uit hoekom dit gebeur het.

4.

Kom ooreen op 'n oplossing wat aflewerbares en teikendatums weer op koers kry. (Hou die driekhoek van aflewerbares, tyd en koste in balans.)

5.

Volg die veranderingsbestuurprosedures.

 

Moontlike oplossings

1.

Verklein die omvang.

 

Verwyder sekere doelwitte of aflewerbares uit die projek (na konsultasie met die regte rolspelers).

2.

Verander die projekstruktuur.

 

- Is elke taak nodig?

 

- Is elke nodige taak ingesluit?

 

- Is al die afhanklikhede nog geldig?

 

- Kan take met mekaar oorvleuel?

3.

Verkort die tydsduur van take

 

Dit kan dikwels gedurende 'n projek gebeur soos meer inligting beskikbaar word.

Ander Uitvoeringsdokumentasie

Uitvoeringsproses

Riglyne: Herbeplanning

Kontrolelys: Uitvoering