Administrasie B
Tel: 808-3080
E-pos: bpo@sun.ac.za

Tuis - PROJEKtUSkantoor - Rolspelers - Projeksiklus - Projekbestuursprosesse - Woordelys - English

Hulpbronbestuur

Riglyne: Spanbestuur

1.

Spankeuse

Mense werk makliker saam met mense wat hulle ken - kan dus vinniger optimaal saamwerk met bekendes.

Reël geleenthede om nuwe mense te laat inskakel.

Kyk na wat in vorige projekte tussen spanlede gebeur het.

2.

Hantering van spanlede

 

Wat om te doen

Behandel almal soos volwassenes - sê vir hulle wat gedoen moet word en hoekom en laat hulle dan toe om dit te doen.

Vra mense se opinies oor hulle area van kundigheid en luister na die antwoorde.

Prys goeie werk voor ander mense.

Deel inligting ivm gebeure binne en buite die projek.

Vra mense om iets te doen op 'n hoflike en professionele wyse.

Reageer op slegte nuus deur vir 'n oplossing te soek, nie 'n sondebok nie.

 

Wat om nie te doen nie

Neem die eer vir iemand anders se werk.

Skep die indruk dat jy mense nie vertrou nie deur nie hul professionele opinie te aanvaar oor terreine waar hulle die kundiges is nie.

Val iemand aan of beledig 'n spanlid nie.

Poog om spanlede se guns te wens deur ander se geheime te vertel nie.

Neem nie deel aan groepsaktiwiteite nie.

3.

Moraal en motivering

Mense doen goeie werk omdat hulle wil, nie omdat hulle gedreig word nie.

Dreigemente kan nie demotivering keer nie.

Motivering word gebou deur:

 

- Gevoel dat iets bereik het

- Erkenning

- Werk wat op sigself aangenaam of bevredigend is

- Sin van verantwoordelikheid

- Moontlikheid van bevordering

Motivering word afgebreek deur:

 

- irrasionele beleide

- Oordrewe administratiewe prosedures

- Buitengewone streng toesighouding

Bestuur motivering deur:

 

- vriendskap, sowel as 'n werksverhouding te bou

- seker te maak mense verstaan hoekom die dokumentasie nodig is

- mense te laat weet dat goeie werk raakgesien word

- mense laat verstaan hoekom hulle werk belangrik is

- jou vertroue in mense te wys.

Ander dokumentasie

Riglyne: Bestuur van prestasie

Spanbestuur