|
"Murphy and Parkinson are alive and well - in your project." |
Dokumentasie |
 |
Wat nie op skrif is nie, is nooit gesê nie. |
Projekbestuurder |
 |
Die waardevolste, maar mins gebruikte woord in 'n projekbestuurder se woordeskat is "nee". |
Projekspan |
 |
Te min spanlede kan nie die probleem oplos nie. Te veel skep weer meer probleme as wat hulle oplos. |
Tyd |
 |
Dieselfde werk onder dieselfde omstandighede sal verskillend geskat word deur
tien verskillende projekbestuurders, of deur een projekbestuurder by tien verskillende geleenthede. |
 |
Jy kan 'n dwaas oortuig om 'n onredelike teikendatum te aanvaar, maar jy kan hom nie forseer om dit te haal nie. |
 |
Hoe meer belaglik die teikendatum, hoe hoër die koste om dit te probeer behaal. |
 |
Parkinson se wet: Werk vermeerder om die tyd te vul wat beskikbaar is vir die voltooiing daarvan. |
Verwagtinge |
 |
Jy kan 'n gebruiker se verwagtinge vries, maar hy sal nie ophou verwag nie. |
 |
Gevriesde spesifikasies en die "abominable snowman" is soortgelyk: Beide is mites en beide smelt as jy genoeg hitte toevoeg. |
 |
Die voorwaardes gestel saam met 'n belofte word vergeet. Die belofte nooit. |
Vordering en status |
 |
Projekte vorder vinnig totdat dit 90% voltooid is. Dan bly dit vir altyd op 90% voltooid. |
 |
Projekspanne verpes vorderingsverslae, want dit illustreer duidelik hulle gebrek aan vordering. |