|
- Inleiding
- Verbintenisse en waardes
- Nodige voorwaardes in die bereiking
van ons doelwitte
- Diversiteit
- Beginsels vir die uitbouing van diversiteit
- Diversiteitsraamwerk
- Ten slotte
Om ons visiestelling te realiseer, binne die konteks van
ons waardesisteem en die verbintenisse wat ons gegee het,
is daar ‘n aantal dinge wat ons sal moet doen. Hierdie
is nodige voorwaardes, in die sin dat as ons nalaat om enigeen
hiervan te doen, en goed te doen, dit stremmend sou inwerk
op ons strewe om die tipe universiteit van uitnemendheid
te wees wat hierbo geskets is.
- Die toepassing van gesonde bestuursbeginsels
- n Navorsingsbestuursplan
- n Onderrigbestuursplan
- n Toegangsplan
- n Geïntegreerde benadering tot gemeenskapsdiens
- n Sakeplan
- n Internasionaliseringsplan
- n Taalbeleid en Taalplan
- Sistemiese Diversiteitsbeplanning.
Hierdie lys is nie allesomvattend of uitsluitend nie. Dit
is ook nie finaal nie. Dit is egter wel ‘n realistiese
uiteensetting van prioriteite wat tans vaardig is, en wat
ons aksies rig vir die onmiddelike toekoms. Al hierdie punte
word aangeraak in ons Strategiese Raamwerk. Almal het reeds
beslag gekry, of sal op die kort termyn beslag kry, in beleidsdokumente
van die Universiteit. Al hierdie beleidsdokumente moet, in
die gees van selfvernuwing en kritiese selfevaluering, aan
gereelde hersiening onderwerp word.
|
|