|
- Inleiding
- Verbintenisse en waardes
- Nodige voorwaardes in die bereiking
van ons doelwitte
- Diversiteit
- Beginsels vir die uitbouing van diversiteit
- Diversiteitsraamwerk
- Ten slotte
Behalwe vir die planne wat hierbo aangedui word, en wat
spesifiek op die uitbouing van diversiteit betrekking het,
is die beplanning met betrekking tot sekere van die Universiteit
se ander strategiese prioriteite ook relevant. Spesifieke
melding kan gemaak word van die volgende.
- Die Sakeplan van die Universiteit. Hierdie sluit in ‘n
finansiële plan, en dit is waar die befondsing van die onderskeie
diversiteitsinisiatiewe sal figureer. Fakulteite en afdelings
sal hul diversiteits-inisiatiewe insluit in hul jaarlikse begrotings,
en die begrotingsproses sal verloop met inagneming van die Universiteit
se strategiese prioriteite.
- Die Sportplan van die Universiteit. Dit bied geleenthede op
die terrein van studentewerwing, en van die uitbouing van ‘n
inklusiewe institusionele kultuur.
- Beplanning aangaande kultuuraspekte en die gebruik van Korporatiewe
Fasiliteite. Die Universiteit beskik oor ‘n konservatorium, ‘n
koor, ‘n teater, ‘n museum, ‘n botaniese tuin,
en ander korporatiewe fasiliteite, gerugsteun deur ‘n verskeidenheid
van akademiese departemente en verenigings.
- ‘n Plan vir Strategiese Kommunikasie. Binne die Afdeling
Korporatiewe Sake moet daar ‘n professionele plan vir strategiese
kommunikasie ontwerp en in werking gestel word. Hierdie plan
moet onder andere die saak aanspreek van verhoudingsbestuur met
alumni en die tradisionele Stellenbosse gemeenskap ten tye van
die proses van verandering.
Dit is ook duidelik dat daar van tyd tot tyd sal moet geprioritiseer
en herprioritiseer word tussen die implementering van die
onderskeie planne. Die gewone akademiese besigheid van die
universiteit geniet deurgaans voorrang.
Ons mik vir ‘n rasionele
en verantwoordbare konteks waarbinne spesifieke planne kan
ontplooi, gemonitor word, en van tyd tot tyd aangepas word
om die doelwit van groter diversiteit te verwesenlik.
|
|