In ons strewe na uitnemendheid bly ons getrou aan die verbintenisse
gegee en die waardesisteem aanvaar in ons Strategiese Raamwerk.
- Die US is verbind tot ‘n deurlopende, oop, breë proses
van selfvernuwing en selfondersoek, wat onder andere ‘n
kritiese herevaluering van ons institusionele kultuur behels.
- Ons is verbind daartoe om ons vermoëns, kundighede en
bronne aan te wend tot voordeel van die Suid-Afrikaanse gemeenskap
in die breë.
- Die US erken sy bydrae tot die ongeregtighede van die verlede,
en is verbind tot gepaste regstellings- en ontwikkelingsinisiatiewe.
- Ons is verbind tot die behoud en uitbouing van Afrikaans as ‘n
onderrigtaal en wetenskapstaal.
Die waardesisteem van die Universiteit, soos uiteengesit
in ons Strategiese Raamwerk, is gebou om die volgende begrippe:
- Billikheid
- Deelnemendheid
- Deursigtigheid
- Diensbaarheid
- Verdraagsaamheid en onderlinge respek
- Toewyding
- Wetenskaplikheid
- Verantwoordelikheid
- Akademiese vryheid
|