Resultate van die 2010 Omega Gradueringsvraelys

By hierdie Universiteit is studente 'n baie belangrike vennoot in die akademiese gemeenskap. Die Universiteit wil graag al sy studente in so 'n mate bystaan dat hulle verblyf op Stellenbosch so voordelig moontlik is en dat hulle in hulle studies, sowel as hulle latere loopbane, suksesvol sal wees. Ten einde hierin te slaag, benodig die Universiteit egter belangrike inligting van finalejaarstudente. Dit is daarom dat die Omega Gradueringsvraelys in 2004 geloods is.

Die doel van hierdie vraelys (Omega Gradueringsvraelys) is onder andere om te bepaal hoe tevrede finalejaarstudente met hulle "Stellenbosch-ervaring" is, om feite in te win oor studente-betrokkenheid, om die kognitiewe en affektiewe ontwikkeling van ons studente te moniteer, om tred te hou met die waardes, gesindhede, doelstellings en welwees van ons studente, om 'n gevoel te kry van die strewes en loopbaanplanne van ons finalejaarstudente, ensovoorts.

In hierdie vraelys kry studente, byvoorbeeld, die geleentheid om hulle algehele graad van tevredenheid aan te dui ten opsigte van 'n verskeidenheid aspekte rakende hulle "Stellenbosch-ervaring", insluitende hulle modules, hulle interaksie met Universiteitspersoneel, administratiewe dienste en die algemene kampuslewe. Op 'n ander plek moet hulle aandui hoeveel tyd hulle gedurende 'n gewone week aan akademie, kuier, werk en ontspanning bestee het.

Die vraelys is internet-gedrewe en dit bestaan uit 186 vrae. 591 studente het dit aan die einde van 2010 ingevul.

Die vrae is in onderstaande 11 afdelings verdeel. Klik op 'n afdeling se naam om dit te verken en om die resultate van die vrae wat daaronder resorteer te bestudeer. Alle resultate word per ras, geslag, taal, fakulteit, streek van herkoms, matriekprestasievlak en tipe verblyf beskikbaar gestel. Klik telkens net op die hiperteksskakels wat gegee word. Geniet die verkenningstog!

Klik op onderstaande hipertekssakels om die verskillende afdelings van die vraelys se resulate te bestudeer.

  1. Tydbestedingspatrone
  2. Lees- en skryfaktiwiteite
  3. Betrokkendheid / deelname
  4. Tevredenheid
  5. Invloed van dosente
  6. Persepsie oor eie bekwaamhede
  7. Vordering: Generiese vaardighede
  8. Welwees
  9. Sienings / waardes
  10. Belangrikheid van studies / aspirasies
  11. Toekomsplanne

Studente is ook genader om hulle opinie oor die vraelys uit te spreek. Hulle menings, ongesensord, kan bestudeer word deur op menings te klik.

Enige navrae ivm die vraelys en sy resultate kan aan per e-pos gestuur.