Resultate van die 2006 Alfa Vorderingsvraelys

By hierdie Universiteit is studente 'n baie belangrike vennoot in die akademiese gemeenskap. Die Universiteit wil graag al sy studente in so 'n mate bystaan dat hulle verblyf op Stellenbosch so voordelig moontlik is en dat hulle in hulle studies, sowel as hulle latere loopbane, suksesvol sal wees. Ten einde hierin te slaag, benodig die Universiteit egter belangrike inligting van eerstejaarstudente. Dit is daarom dat die Alfa Vorderingsvraelys reeds in 2002 geloods is. Dit is vir die 5 de maal in 2006 afgeneem.

Die doel van hierdie vraelys (Alfa Vorderingsvraelys) is onder andere om feite in te win oor studente-betrokkenheid, om die kognitiewe en affektiewe ontwikkeling van ons studente te moniteer, en om tred te hou met die waardes, gesindhede, doelstellings en welwees van ons studente. In hierdie vraelys kry studente, byvoorbeeld, die geleentheid om om aan te dui hoeveel tyd hulle gedurende 'n gewone week aan akademie, kuier, werk en ontspanning bestee het. Sien onderstaande kiespaneel vir die volledige lys - 115 altesaam!

Die vraelys is internet-gedrewe en dit bestaan uit 116 vrae. 468 studente het dit aan die einde van 2006 ingevul.

Die vrae is in onderstaande 10 afdelings verdeel. Klik op 'n afdeling se naam om dit te verken en om die resultate van die vrae wat daaronder resorteer te bestudeer. Alle resultate word per ras, geslag, taal, fakulteit en matriekprestasievlak beskikbaar gestel. Klik telkens net op die hiperteksskakels wat gegee word. Geniet die verkenningstog!

Klik op onderstaande hipertekssakels om die verskillende afdelings van die vraelys se resulate te bestudeer.

  1. Agtergrondinligting: Verblyf, Mikpunt, Finansies en Uitdaging van Eerstejaar
  2. Selfvertroue in eie vermo‰ om studiesukses te behaal
  3. Tydbestedingspatrone
  4. Betrokkendheid / deelname
  5. Lees- en skryfaktiwiteite
  6. Persepsie oor eie bekwaamhede
  7. Hulp Benodig: Generiese vaardighede
  8. Sienings / waardes
  9. Belangrikheid van studies / aspirasies
  10. Welwees

Studente is ook genader om hulle opinie oor die vraelys uit te spreek. Hulle menings, ongesensord, kan bestudeer word deur op menings te klik.

Enige navrae ivm die vraelys en sy resultate kan aan per e-pos gestuur.