Resultate van die 2006 Alfa Basisvraelys (ABVR)

By hierdie Universiteit is studente 'n baie belangrike vennoot in die akademiese gemeenskap. Die Universiteit wil graag al sy studente in so 'n mate bystaan dat hulle verblyf op Stellenbosch so voordelig moontlik is en dat hulle in hulle studies, sowel as hulle latere loopbane, suksesvol sal wees. Ten einde hierin te slaag, benodig die Universiteit egter belangrike inligting van eerstejaarstudente. Dit is daarom dat die Alfa Basisvraelys reeds in 2002 geloods is. Dit is vir die 5 de maal in 2006 afgeneem.

Die doel van hierdie vraelys (Alfa Basisvraelys) is onder andere om feite in te win oor studente-betrokkenheid, om die kognitiewe en affektiewe ontwikkeling van ons studente te moniteer, en om tred te hou met die waardes, gesindhede, doelstellings en welwees van ons studente. In hierdie vraelys kry studente, byvoorbeeld, die geleentheid om om aan te dui hoeveel tyd hulle gedurende 'n gewone week aan akademie, kuier, werk en ontspanning bestee het. Sien onderstaande kiespaneel vir die volledige lys - meer as 150 items altesaam!

Die vraelys is internet-gedrewe (WebCT) en dit vereis 160 response van studente. 88 studente het dit aan die begin van 2006 ingevul.

Die vrae is in onderstaande 13 afdelings verdeel. Klik op 'n afdeling se naam om dit te verken en om die resultate van die vrae wat daaronder resorteer te bestudeer. Alle resultate word per ras, geslag, taal, fakulteit en matriekprestasievlak beskikbaar gestel. Klik telkens net op die hiperteksskakels wat gegee word. Geniet die verkenningstog!

Klik op onderstaande hipertekssakels om die verskillende afdelings van die vraelys se resulate te bestudeer.

  1. Agtergrondinligting: Verblyf, Ouers, Mikpunt, Finansies, Uitdaging van Skool, Taal, Afhanklikes,Werk tydens studies
  2. Motivering om aan hierdie universiteit te kom studeer
  3. Selfvertroue in eie vermo‰ om studiesukses te behaal
  4. Tydbestedingspatrone
  5. Betrokkendheid / deelname
  6. Lees- en skryfaktiwiteite
  7. Rekenaaraktiwiteite, -ondervinding en gesindhede tov tegnologie
  8. Persepsie oor eie bekwaamhede
  9. Hulp Benodig: Generiese vaardighede
  10. Behoeftes van studente met spesiale leerbehoeftes (SSL) / gestremdhede
  11. Sienings / waardes
  12. Belangrikheid van studies / aspirasies
  13. Welwees

Enige navrae ivm die vraelys en sy resultate kan aan per e-pos gestuur.